Local newsNews

Kind loop maande met pynlike en skewe arm

'n Elfjarige kind moes vir bykans drie maande sonder die gebruik van sy regterhand klaarkom nadat Rob Ferreira Hospitaal na bewering nie sy gebreekte arm korrek behandel het nie.

Nathan Barnard (11) se ma Annelize de Beer het verduidelik dat haar kind in September sy arm by die skool gebreek het.

“Hy wou ‘n maatjie ‘n drukkie gee, en toe hy omdraai het iemand glo sy voet gegryp en hy het by die trappe afgeval.”

De Beer het hom na Rob Ferreira geneem aangesien hulle nie mediese fonds het nie. Sy is tans werkloos en hulle leef van haar verloofde se inkomste en haar Sassa-geld. “Geld is maar min, en mens moet maar op staatshospitale staatmaak vir sulke noodgevalle.”

LEES OOK: Die Laeveld-gemeenskap se omgee het 2019 opgesom

Volgens De Beer het haar kind se pyn egter nie by die hospitaal geëindig nie. Inteendeel is dit waar hulle nagmerrie glo eers begin het. “Rob het Nathan onder narkose geplaas en probeer om die arm in plek te spalk. Hulle het egter dieselfde dag weer X-strale geneem wat gewys het dat die arm nie reg gespalk was met die eerste probeerslag nie.”

‘n Ander dokter het daarna die arm probeer spalk, hierdie keer glo sonder narkose.

“My kind het blou moord geskree en so gehuil van die pyn.”

Dit was so troumaties dat Nathan vandag niks van die voorval kan onthou nie.

Nathan moes toe vir twee weke die gips aanhê en daarna teruggaan vir ‘n opvolgbesoek. Die kind is weer in ‘n saal opgeneem waarna ‘n dokter glo vir ‘n derde keer probeer het om die arm reg te spalk. “Dit was weereens sonder narkose en weereens het my kind verskriklik gehuil soos hy seergemaak is.”

Na ‘n verdere drie weke is die gips afgehaal en ten spyte van ‘n groot, pynlike en opsigtelike knop op Nathan se gewrig, het die dokters gesê die arm is nou reg.

LEES OOK: How to travel safe during the festive season

Nathan kon egter glad nie sy hand gebruik nie, en kon ook nie sy eksamens by die skool skryf nie. “Hy moes maar ‘n mondelingse eksamen aflê.”

De Beer het egter aanhou baklei en uiteindelik met fondse wat ingesamel is, kon haar kind deur ‘n spesialis gesien word. Dr. Adam Schoeman het hom oor die jong kind ontferm en aangebied om die operasie om die been weer te breek en reg te heg, gratis te doen.

“Ek kan nie sê hoe dankbaar ek is nie. Die operasie is verlede week gedoen en was ‘n reuse sukses,” het De Beer gesê.

Die been was glo 45 grade skeef, en het met verskeie senti-meters verkeerd aangegroei. Dr. Schoeman moes glo deur die been saag voor hy dit korrek kon spalk het.
Rob Ferreira Hospitaal het nie op enige navrae reageer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button