Dis byna weer tyd vir die gewilde Geloftefeesvieringe in die Watervalsriviervallei.
Inwoners wat die fees jaarliks bywoon het reeds begin bak en brou, en tref reëlings vir die opslaan van tente en om die feeshuis skoon te maak. Selfs die gras op die terrein word gesny om te verseker dat dit netjies is.

Hierdie instelling, om die Bloedriviergelofte te herdenk, sal vanjaar weer by die feeshuis op die R37 tussen Burgersfort en Lydenburg plaasvind.
Die oorspronklike feeshuis was ‘n sinkkonstruksie wat deur Martiens van Rensburg en Koos Naudé opgerig is, maar dit is in 1948 met bakstene herbou wat deur Dirk Winterbach gemaak is. Die totale boukoste was daardie tyd 600 pond.
Die program vir vanjaar se fees strek vanaf 13 tot 17 Desember. Vir enige navrae skakel Ruan Potgieter by 082-339-4406.
Program
13 Desember:
• Laer saamtrek en bring-en- braai. Bring jou eie vleis en bykosse, vuur sal gereed wees.
14 Desember:
• 08:00 – Boeresport
• 18:00 – Lekker lag en feesgeskiedenis saam met oom Lood en oom Dirk
• 18:30 – Konsert en bring-en- braai (pap en sous sal voorsien word).
15 Desember:
• 08:00 – Biduur gelei deur ds. Riaan Botha
• 09:00 – Vertrek na waterval vir ontbyt
• 18:30 – Potjiekoskompetisie
• 19:00 – Flieke sonder brieke.
16 Desember:
• 04:00 – Saluutskote gelei deur Ruan Potgieter
• 09:00 – Maandagdiens deur ds. Riaan Botha
• 10:30 – Algehele jaarvergadering
• 13:00 – Ete onder die boom, elkeen bring eie geregte.
17 Desember:
• Laer afslaan.
