Local newsNews
Dié eeue-oue verhaal word met flair op die planke gebring
Al die karakters was daar: die wyse manne uit die Ooste, die herbergier, engele, herders en natuurlik Maria en Josef.

Stropieland Kleuterskool het onlangs Kersfees gevier met ‘n Kersspel waartydens hulle hulle sang- en toneelspeeltalente ten toon gestel het voor ‘n gehoor van bewonderende ouers, grootouers, boeties en sussies.

LEES OOK: Kind loop maande met pynlike en skewe arm
Al die karakters was daar: die wyse manne uit die Ooste, die herbergier, engele, herders en natuurlik Maria en Josef.
Die akteurs het alles ingesit en die gehoor is meegesleur deur die eeue-oue verhaal.

Dit was ‘n lieflike warm aand buite en die ete na die tyd was uit die boonste rakke. Dit was voorwaar ‘n aand om te onthou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
