Rusoord old age home gets a revamp
Rusoord Ouetehuis het onlangs 'n noodsaaklike opknapping ondergaan.
Volgens Lydia Niemand, waarnemende bestuurder van die tehuis, is opknapping gedoen danksy bydraes wat ontvang is van verskeie besighede en die publiek. “Ons het die twee sitkamers opgeknap en ook die televisiestel in een herstel. Nuwe beddegoed, gordyne, waaiers en stoele is in gebring.
“Dit maak dit baie meer gemaklik vir die bejaardes. Hulle is ook bederf met geskenke.” Niemand sê hulle het ook ander planne vir opknapping in die pyplyn en vra hiervoor ook die gemeenskap om hulle te ondersteun.
“Ons moet die ouetehuis uitverf omdat die mure nie gewas kan word nie, die eetsaal moet opgeknap word en ons wil graag die administratiewe eenheid se mure verwyder om meer spasie te hê.”
Lees meer: Rusoord inwoners geniet die skone natuur van KNP
Sy het haar waardering en dank uitgespreek teenoor almal wat reeds bygedra het tot die nuwe verwikkelinge by Rusoord.




