Local newsNews

Kim Kerswill kritiek na gru-ongeluk

Kim Kerswill (19) se ma, Quanita, het die gemeenskap om geestelike ondersteuning gevra nadat haar kind Maandagaand in 'n grusame ongeluk betrokke was.

“Ek vra dat almal vir haar bid; dat sy ten volle sal genees en hier uitstap. Daar is krag in gebed en ons vra vir ‘n wonderwerk.”

Die jong Pukke-student was by ‘n partytjie en het ‘n vriend gevra om haar huis toe te neem, in plaas daarvan om self te bestuur. Twee vriende sou dan agter hulle ry met Kim se kar.

LEES OOK: Anti-poaching arrests four in KNP

Sy het egter nooit by die huis opgedaag nie. Kort voor middernag is die voertuig onder ‘n vragmotor se sleepwa in.

Die ongeluk het by die Crossing-verkeerslig op die R40 plaasgevind. Johnny Kerswill het bevestig dat sy dogter vasgepen was in die wrak en met die Jaws of Life uitgesny moes word.

Kim is in ‘n kritieke toestand na Mediclinic Nelspruit gehaas, maar is kort daarna na Millpark in Johannesburg oorgeplaas nadat geen plaaslike neurochirurg glo betyds gekontak kon word nie.

Haar beserings sluit in ernstige hoofbeserings, bloeding op die brein, ‘n geskeurde kakebeen, beseerde ribbes en ‘n gebreekte arm. Sy is tans in ‘n geïnduseerde koma.

“Ons is dankbaar dat Kim nie op ‘n lewensondersteuningstelsel is nie, maar slegs op ‘n respirator wat haar help asemhaal,” het haar ma gesê.

Beide haar ouers het egter vrae oor presies wat die aand gebeur het. “Ooggetuies beweer dat die bestuurder baie vinnig gery het verby Westend, en sy remmerke is ongeveer 40 m lank voor Crossing.”

Kapt. Zandile Gqawa het bevestig dat die polisie ‘n saak van roekelose en nalatige bestuur ondersoek “nadat ‘n voertuig in ‘n vragmotor vasgery het wat besig was om
te draai”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Lande Willemse

Landé Willemse is a multiple-award-winning journalist and editor with more than two decades of experience across print, digital, and broadcast media. Her work, which includes photography, spans investigative reporting, sport, agriculture, tourism, political and community news, with bylines across several respected South African publications.
Back to top button