Local newsNews

Anoniem van Burgersfort skryf oor die slag van Bloedrivier

Dis een dag uit 365 dae wat 'n skynbare onmoontlike oorwinning merk, waar die Here ingetree het om sy volk te red en hulle opdrag gekry het om hierdie dag te herdenk.

Almal het al gehoor van die Slag van Bloedrivier. Die ouer gardes ken die storie ter harte. Maar die jonger geslagte sien dit net as nog ‘n bladsy in hulle skool se geskiedenisboek wat hulle moet leer. Dan breek die dag aan op 16 Desember, en meeste mense is tog te bly en dankbaar vir die vakansiedag so in die midde van ‘n week, en dit teen jaareinde.

Maar die vraag word gestel: Hoeveel van ons weet werklik wat op daardie dag gebeur het, en hoe beïnvloed dit ons vandag? Daar is ‘n baie belangrike belofte wat gemaak is, en dit is ons plig om dit steeds vandag te herdenk en terug te dink aan onbeskryflike genade. Hiermee volg ‘n kort opsomming oor die geskiedenis van Geloftedag en die belangrikheid daarvan dat die nageslag van daardie groepie Voortrekkers dit vandag nog moet herdenk:

Dis die jaar 1838. Vierhonderd-en-sewentig Voortrekkers slaan laer op met hul ossewaens in ‘n sirkelformaat. Daar word hulle deur ongeveer 10 000 Zoeloes aangeval. Dit blyk na ‘n onmoontlike stryd, en as mens na die getalle kyk, sou jy dink die Voortrekkers is daarmee heen. Maar iets merkwaardig gebeur; hulle begin bid.

Die Voortrekkers bid tot die Here en vra vir Hom indien Hy oorwinning aan hulle sou gee, hulle die dag tot in hulle nageslagte sal herdenk. Hulle gebede is beantwoord en die Voortrekkers verslaan die Zoeloes met ‘n handjievol manne. Die rivier wat verby die slagveld loop was oortrek met bloed, en so het die naam, die Slag van Bloedrivier, ontstaan.

Die dag se naam was oorspronklik Dingaansdag, toe word dit Geloftedag en later in 1994 het die regering dit hernoem na Versoeningsdag.

Die Gelofte wat gemaak is klop egter nog in elke Afrikaner se hart, daarom op 16 Desember dink Christene na oor die dag, die gebeurtenis en die belofte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button