Local newsNewsNewsSchools

Hoërskool Bergvlam behaal 95,8% slaagsyfer

Daar word gespog met ‘n totaal van 112 onderskeidings.

MBOMBELA – Hoërskool Bergvlam se 165 matrieks het vanjaar ‘n slaagsyfer van 95,8% behaal.

Van hulle het 72% universiteitstoelating en saam het hulle ‘n vakgemiddeld van 58% bereik.

Skoolhoof Deon Visser sê dat hy trots is op al die leerders wat hard gewerk en geslaag het.

“Dit is ‘n bewys dat as jy werk, kry jy resultate – ‘n lewensrealiteit.”

Daar word gespog met ‘n totaal van 112 onderskeidings. Agt leerders het ook vier of meer onderskeidings behaal.

Visser het elke onderwyser vir hulle harde werk bedank en vir hul aandeel in die graad 12s se goeie akademiese uitslae.

Lees meer in Vrydag se koerant.

ALSO READ: Mpumalanga increases pass rate to 80,3 per cent

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button