Local newsNews

Nuwejaar partytjies sorg vir groot pret

Soos net Burgersfort-ers kan, het hulle ten spyte van uitdagings deur die nag die nuwejaar jolig ingegaan met hoop vir 'n beter jaar vorentoe.

Elektrisiteits- en waterprobleme, riool en rommel is dinge wat die gemeenskap besluit het om agter hulle te sit en op ‘n positiewe noot 2020 in te gaan. Een van vele kaperjolle het by die De Groteboom-skietbaan plaasgevind.

Vure is aangesteek en lede wat hierdie opskop bygewoon het, kon lekker braai en bykosse geniet so tussendeur die skoffel. Vir diegene wat tot middernag wakker gebly het, is die laaste sekondes saam afgetel, en ‘n ieder en ‘n elk het mekaar ‘n voorspoedige nuwe jaar toegewens.

Lees meer: Plaashuis groet die nuwejaar in Mosambiekse styl

Die Plaashuis het oudergewoonte weer ‘n partytjie gehou met ‘n optof-tema. Hierdie jaar was dit “superhelde”. Die moeite, uitrustings en kostuums was weer uit die boonste rakke. Natuurlik was daar ook glad nie ‘n tekort aan goeie gees nie. Hierdie superhelde het tot daglig toe nog die dansbaan warm gedans.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button