Local newsNews

Eerste skooldag in Malalane

"Die skool sê byvoorbaat dankie vir die leerlinge, onderwysers en ouers se samewerking en ondersteuning. Ons sien uit na 'n jaar vol hoogtepunte."

Laerskool Malalane het Woensdagoggend behoorlik soos ‘n miernes gewemel met nuwe gr. 1-gesiggies.
Die toelatings vir die laerskool is heeltemal gevul.

LEES OOK: onderberg-se-geliefde-koeksistertannie-bak-al-40-jaar

Die ouers het ter wille van die nuwelinge brawe gesigte opgesit.

Die Laerskool verwelkom twee nuwe personeellede, Annerien Swart, Afrikaans Gr 1 klas en Elriza Coetzee in die intermediêre fase.


Interhuis atletiek vind plaas op Vrydag die 24 Januarie.

“Die skool sê byvoorbaat dankie vir die leerlinge, onderwysers en ouers se samewerking en ondersteuning. Ons sien uit na ‘n jaar vol hoogtepunte.” sê Gerben Janse van Rensburg, skoolhoof

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button