Bereik volhoubare groei met behulp van TWK Agri
TWK Agri is ‘n landboumaatskappy met sy hoofkantoor gesetel in Piet Retief, Mpumalanga. Die gediversifiseerde maatskappy bied aan kliënte ‘n verskeidenheid waardetoegevoegde produkte en dienste in die landbou-, bosbou-, graan-, motors-, bande- en finansiële dienste industrieë.

Hierdie merkwaardige maatskappy vier vanjaar sy 80ste bestaansjaar, en ten spyte van onsekere ekonomiese tye, is sy leuse steeds “diens”. Die versekeringsafdeling vorm ‘n integrale deel van TWK Agri se bedrywighede en bied tans landswyd dienste aan kliënte vir hul korttermyn-, oes- en lewensversekering-, en mediesefondsadministrasie. Sy netwerk van makelaars word ondersteun deur 10 administrasiekantore regoor Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap.
Met mandate by nege versekeraars, kan die maatskappy unieke produkte bied wat hul in risikobestuur ondersteun en die beste dekking bied teen billike premies. Sy oesmakelaars is opgelei om kliënte te verskans teen moontlike verliese. Hy het agentskappe met al die betrokke versekeraars in die mark om aan oeskliënte die beste opsies te bied. Hulle word verder ondersteun deur die maatskappy se kredietbemarkers wat verskeie betalingsopsies en toegang tot ander fasiliteite kan bied.
Die lewensafdeling fokus nie net op lewensversekering nie, maar ook boedelbeplanning, beleggings en ander finansiële instrumente om aan kliënte gemoedsrus vir die toekoms te bied. Toegewyde makelaars, wat die bedryf verstaan en fokus op kliëntediens, staan gereed om jou van hulp te wees. Verder word die afdeling uitgebrei om mediesefondsopsies en -dienste te bied. Hy kan verskeie opsies en kwotasies vergelyk en aan jou die beste keuses bied wat voorsien in jou mediese behoeftes.
TWK Agri se visie is om volhoubare groei te bereik en hy is toegewyd om volhoubare ontwikkeling en vernuwing na te streef, veral in die landbousektor. Besoek dus gerus vandag een van sy takke.
Skakel ons
Stuur vir ons ‘n e-pos
Besoek ons webtuiste
Besoek ons Facebook-blad

