Local newsNews

Rugby-grootkop ontken skuld na seksuele oortreding

Voormalige president van die Mpumalanga Rugbyunie (MRU), Hein Mentz, hou vol dat hy onskuldig is aan seksuele teistering en dat "die waarheid en tyd" aan sy kant is.

Mentz is deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) geskors nadat hy skuldig bevind is aan ‘n klag van seksuele teistering.

“Ek kan en sal nooit verskoning vra of berou toon ter wille van ‘n saak waarin ek onskuldig is en wat absoluut teen my kultuur en lewensbeskouing is,” het hy gesê.

LEES OOK: Good rainfall causes flooding in KNP but local dams still critically low

Mentz, wat in 2018 as president by MRU bedank het nadat hy tot Saru se uitvoerende raad verkies is, sou tot in Maart 2022 sy amp uitgedien het. Hy het aan Laevelder bevestig dat hy verlede maand deur ‘n tugproses is, nadat ‘n kollega hom van seksuele oortreding aangekla het. Die klaagster se naam is bekend aan die koerant, maar mag nie geïdentifiseer word nie.

“Ek was inisieel (sic) geskok, ontnugter en teleurgesteld met die bevinding,” het Mentz gesê. Volgens hom het die voorval tydens ‘n groetproses tussen hom en ‘n vroulike werknemer van Saru plaasgevind.

“My hand het tydens haar tradisionele en gebruiklike omhelsing, na bewering aan haar sitplek geraak, oftewel – haar weergawe – ‘slapping me on the behind’.”

Ten spyte daarvan dat die voorsittende beampte van die tugverhoor sy “bona fida-optrede” aanvaar het, is Mentz skuldig bevind en ‘n boete opgelê.

Saru EXCO het egter suksesvol appél teen die boete-sanksie aangeteken en die boete is omgeskakel na ‘n skorsing van sy oorblywende termyn.

Mentz beweer dat hy verblind was deur sy “wete van die waarheid”.

LEES OOK: Kidnapped woman still missing after three months

Volgens hom het hy ‘n blindelingse oordeelsfout gemaak. “Ek moes met die Kennisgewing van Appél bedank het.” Hy het bygevoeg dat hy nie in daardie tyd oordeel of insig gehad het nie.

“Die toevallig en nou fatale insident (sic) het tot gevolg gehad dat die klaer se weergawe van haar ervaring swaarder opgeweeg het as my eerbare intensie, bedoeling en die omstandighede.”

Mentz het gesê dat die bewyslas was, en is vir hom ‘n praktiese onmoontlikheid.

Op die vraag of hy die beslissing gaan teenstaan, het Mentz aan Laevelder gesê dit is “baie meer omvangryk as dit”.

Saru het bevestig dat Mentz geskors is as gevolg van ‘n ernstige oortreding. Die slagoffer se naam is bekend aan Laevelder, maar sy kon nie bereik word vir kommentaar nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Lande Willemse

Landé Willemse is a multiple-award-winning journalist and editor with more than two decades of experience across print, digital, and broadcast media. Her work, which includes photography, spans investigative reporting, sport, agriculture, tourism, political and community news, with bylines across several respected South African publications.
Back to top button