Local newsNews

Onderberg slaag matriek met sewe onderskeidings

"Ek sien uit na die nuwe fase in my lewe en wil my volle gewig by my koshuis ingooi"

Suzanne Bothma is gebore op die dorp. Haar laerskoolloopbaan het in gr. 1 hier begin en sy was in 2014 hoofmeisie van Laerskool Malelane.

LEES OOK: onderberger-presteer-thailand

Hiervandaan is sy na Hoërskool Nelspruit (NHS) waar sy elke jaar onder die top vyf van die graad geëindig het. Bothma was ‘n kranige hokkiespeler en het in 2018 en 2019 ook aan die skool se jaarlikse revue deelgeneem.
In 2018 word sy onderhoofmeisie met die portefeulje van akademie en bemarking. Sy slaag haar matriekeksamen met sewe onderskeidings in Afrikaans, Engels, fisiese wetenskap, lewenswetenskap, lewensoriëntering, rekeningkunde en wiskunde.


NHS het jaarliks ‘n akademiese toer onderneem na universiteite, wat die top 15-leerlinge van elke graad kon meemaak. Bothma het tydens een van hierdie toere besluit sy wil ‘n Matie word en het toelating tot die Universiteit van Stellenbosch verkry.
Sy gaan B. rekeningkunde studeer en wil haarself as ‘n geoktrooieerde rekenmeester bekwaam. “Ek sien uit na die nuwe fase in my lewe en wil my volle gewig by my nuwe koshuis ingooi,” sê sy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button