Laerskool Bergland spog met nuwe onderwysers
Nuwe onderwysers by laerskool is oud-Laevelders

Laerskool Bergland is trots en bevoorreg om nuwe bobaas onderwysers by hulle span te verwelkom.
Al drie personeel wat vanjaar by die korps aangesluit het, is oud-Laevelders en woon al die afgelope paar jaar hier in Mbombela.
“Ons sien uit om ‘n pad met Laerskool Bergland te stap, die personeel, ouers en leerders, en sodoende onsself en die land se toekoms te ontwikkel,” sê die nuwe onderwysers.
Hulle droom is om ‘n verskil in kinders se lewens te maak en dié het ontstaan by die Universiteit van Pretoria. Soos hulle sal sê – Tuks of niks!
Mercia Lancaster is die splinternuwe gr. 3-juffrou wat reeds ‘n paar harte gesteel het. Carla Rademan, LO-juffrou vir gr. 4’s tot 7’s, verseker dat fiksheid en pret deel vorm van die vak, en Lyné van Huyssteen se passie vir Afrikaans kan die gr. 5-leerders net bevoordeel.
LEES OOK: NHS stel die nuwe lede van hul personeelkorps bekend
