Local newsNews

Kosbare herinneringe by hotel onthou

In die vorige uitgawe van Hazyview Herald het ons 'n ou advertensie van die Sarana Hall Hotel geplaas en gevra wie die plek en sy mense nog kon onthou.

Die hotel op die R40 tussen Witrivier en nader aan Hazyview was later die Don Carlos Hotel en is vandag die Protea Hotel by Marriott, Hazyview.

Carine Smit onthou dit as ‘n klein dogtertjie en haar herinneringe van die hotel oor die jare word soos volg aangeteken:1971.

Ek hol as kaalvoetkindjie deur die weelde van Sarana Hall Hotel. Wow, dis vreemd lekker dié. En Pappa kyk oor jou skouer, en sê: ‘My kind, kom sit en kyk.’

LEES OOK: The many uses of the spekboom

En jy doen maar so, gaan sit op die stoeltjie, en jy kyk! Daar wink die swembad, doer in die verte is mooie bloue berge, hier langs jou roer ‘n goggie iewers tussen die blare.

Die advertensie van die eerste Sarana Hall Hotel wat ons in die vorige uitgawe geplaas het.

En jou voetjies en handjies wil gaan kyk. Maar jy sit vingers inmekaargevleg, en hier verskyn ‘n glas met ietsie, en jy betree die strooitjie met respek. Dis lekker, Pa, dis vreeslik lekker.

‘n Melkskommel, wow, ‘n strawberry-een, nè? So vorder die jare, Pappa gaan rus, weggebêre in Jesus se arms. En die lewe gaan staan stil. Toe verskyn die Don Carlos Hotel. En ek ontmoet my ridder op die witperd.

Eerste date, Don Carlos Hotel; wow, wat ‘n belewenis. Oom Vickis en tannie Nannie Pretoruis, die tuine, asemrowend. Die geskiedenis is legio. Na 48 jaar is dit nou Protea Hotel; dieselfde plek.

Dougie en Daphne Still, of course you can. Do it! Groete.

LEES OOK:Availability of specialist care cannot be ensured in the Lowveld

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button