Local newsNews

Die vonke het behoorlik vlam gevat by Bergvlam se Sparknet konsert

Sparknet handel oor 'n gesin en die gebeurtenisse in hul televisiekamer - wat hulle op TV kyk. Die rolspelers het vir groot vermaak gesorg.

MBOMBELA – Hoërskool Bergvlam se gr. 8’s het die jaar op ‘n hoë noot afgeskop met hul konsert verlede Donderdagaand by die skoolsaal.

Sparknet is ‘n oorspronklike toneelstuk uit die pen van die bestuurskomitee se visepresident, Erize de Lange. Sy het dit spesifiek vir die gr. 8’s, oftewel Sparki’s, geskryf.

Niel Raath het die rol van die oupa vertolk.

LEES OOK: Hoërskool Bergvlam behaal 95,8% slaagsyfer

Volgens die skool se skakelbeampte, Mandy Barnard, het Erize ‘n oorheer-sende passie vir drama. Dít kon ‘n mens duidelik sien deur die kwaliteit van die stuk, vanaf die eerste oomblik wat die jong toneelspelers op die ver-hoog verskyn het.

Die gr. 8B-klas saam met Maryke Pienaar en Jordan Jacobs (in Vlammie-skooldrag).

LEES OOK: Bergvlam se skoolhoof kry verjaarsdag verrassing

“Drama is my passie en ek doen dit met graagte,” het Erize met ‘n vonk in haar oë vertel. Die omgangstaal wat tussen skoolleerlinge en in verskillende huishoudings gebruik word, is uit-stekend aangewend.

Sparknet handel oor ‘n gesin en die gebeurtenisse in hul televisiekamer – wat hulle op TV kyk. Die rolspelers het vir groot vermaak gesorg.

Voor: Naledi Masiye, (middel) Kwando Mhlongo, Niel Raath, (agter) Cebo Nkosi, Milde Cronjé en Billy Casey.

LEES OOK: Bergvlam inspireer leerders om Wiskunde-liefhebbers te word

Die gesin se daaglike lewens is op die wysies van gewilde liedjies soos die “Family Intro Song”, “The Git Up”, “Old Town Road”, “Boerepompie”, “Walking On Sunshine” en “Wys Jou Vleisie”, uitgebeeld. Elke klas het ‘n stuk dialoog opgevoer waarna die groep ‘n liedjie uitgebeeld het. Voorwaar ‘n groot sukses!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button