Local newsNews

Inwoners waaksaam teen inbrake

Die mees onlangse gevalle van inbrake het in die omgewing van West Acres, Sonheuwel en Steiltes plaasgevind. 

Die hele omgewing loop deur onder inbrake.  Inwoners word gewaarsku om waaksaam te wees.

Volgens Callum Mac Pherson, bedryfshoof by Hi-Tech Sekuriteit Nelspruit, is die nuutste neiging om in te breek by huise sonder alarms of geaktiveerde alarms.

LEES OOK: Parasiete bedreig wilde perde van Kaapsehoop

Die metode wat meestal gebruik word in grypaanvalle is om ‘n baksteen deur die venster te gooi.

‘n Ander is die visvang-metode, waar daar ‘n paal of swembad-vangnet gebruik word om items deur oop vensters nader te hark.

“Die algemeenste items wat gesteel word, is skoot-rekenaars, televisies en juwele,” sê Mac Pherson.

Hy waarsku mense om nie hulle vensters oop te los nie, aangesien diewe deur die diefwering klim of deur die oop vensters “visvang”.

Mac Pherson sê dat inwoners gereeld hulle alarms se batterye moet vervang, aangesien beurt-krag dit vinnig laat breek of pap maak.

“Alarmstelsels moet ook gereeld getoets word saam met die sekuriteitsmaatskappy, omdat beurtkrag ‘n invloed daarop het,” sê Mac Pherson.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button