Local newsNews

Egpaar ontduik noodlot na wal ineenstort by hul huis in Steiltes

Mbombela egpaar oorleef bykans noodlottige drama by hulle huis in Toktokkiestraat, Steiltes.

As hulle nie so blitsvinnig uit die pad gespring het nie, sou Francois en Reinette Swart, soos hulle piepkleine Yorkie, Gucci, deur ‘n vallende massa grond en modder verswelg word en 10 meter teen ‘n wal afgestort het.

“Daar is enkele maande gelede met bouwerk op ‘n erf wat aan ons huis grens, maar met hulle ingang in Skoenlapperstraat, begin,” vertel Francois Swart. Die nuwe eienaars het fondasies gegrawe en met voorlopige steenwerk begin.

Omdat die erf so skuins is, moes die bouers ook ‘n waterafvoerpyp met ‘n mangat in die Swarts se erf aanlê. “Op ‘n dag het ons gesien hier word grondverskuiwingstoerusting afgelaai. ‘n Voorlaaier het van die sagte rooigrond begin wegwerk en daarmee ‘n soort platform gebou waarop die masjien kon staan, sodat dit hoër teen die wal kon uitgrawe,” vertel Swart.

LEES OOK: Perde hardloop vrylik in die ring rond op Aryana-stoetplaas vir oues se genot

Hy, Reinette en hulle twee kinders, Francisca (16) en Christiaan (14), het gereeld deur die palissade geloer en gesien hoe die grawe-werk al nader aan die boulyn van hulle erf kom. Vier weke gelede het hy sy lot by die Mbombela-owerheid se bouinspekteur gaan bekla en dié het gesê hy sou ondersoek instel.

Hy het ook die eienaar van die erf, Regina Moepi, geskakel en sy bekommernisse met haar bespreek. Sy het glo gesê haar ingenieurs het die uitgrawings goedgekeur. Vrydag het Swart in ‘n stadium grond hoor val.

Hy het oor die palissade geloer en gesien hoe stukke van die sandwal wat tot teen hulle erf uitgegrawe is, inval. Dit het Vrydag- en Saterdagaand baie gereën. “My bekommernis dat iets sou skeefloop, het erg toegeneem.”

Sondagmiddag het die egpaar langs hulle swembad, wat slegs enkele meter van die kant van die uitgrawings af is, ontspan. “Ons het weer grond hoor afval. Ons het oor die heining gekyk en gesien daar lê hope sand daar onder.

LEES OOK: Die Nellie Miere vier vanjaar hulle 20ste bestaansjaar

Die volgende oomblik was daar net ‘n geweldige trilling en die wal het in duie gestort. Ek en Reinette het van die vallende wal af weggehardloop. “Ons plaveisel, die palissadeheining en selfs ons ingeboude braai het oor die rand gestort.” Gucci was egter nie so gelukkig nie en is deur die vallende massa meegesleur. “Toe ek oor die rand kyk het ek gesien dat net haar koppie bokant die grond uitsteek en sy was onder ‘n klomp rommel vasgepen.”

Twee mans wat verder in die straat af woon en die lawaai gehoor het, het oor die hope sand en bourommel geklouter en die verskrikte hondjie uitgegrawe. ‘n Veearts is na die toneel ontbied en het Gucci ondersoek en vasgestel sy het haar bekkenbeen beseer.

Intussen het die hoof-bouinspekteur van die stadsraad, Goodman Mobena, die perseel besoek. Hy het ‘n lasgewing uitgereik om die huis onmiddellik te ontruim omdat dit lewensgevaarlik was. Die brandweer het duisende liter water uit die swembad gepomp om die gewig daarvan te verlig sodat dit nie verdere grondstortings veroorsaak nie.

LEES OOK: Verloofde maak oop oor lt.kol. Leroy Bruwer se sagmoedige hart

Die Swart-gesin moes inderhaas ander blyplek kry. “Met die huidige grendelstaat waarin ons verkeer, was dit nie so maklik nie. Ons mag net klere en kos uit die huis verwyder het.” Hulle kon blyplek vir ‘n maand by ‘n gastehuis kry totdat die nasionale inperking opgehef word. Moepi het aan Laevelder gesê dat ingenieurs reeds die bouperseel besoek het.

“Die uitermatige reën het glo bygedra tot die grondverskuiwing. Hulle het ook gevind dat die grond wat uitgegrawe is en die wal beter beveilig moes wees.

“Dit kon egter as gevolg van die nasionale inperking nie gedoen word nie omdat ons die perseel moes verlaat,” het sy gesê. Volgens Moepi gaan die ingenieurs dringend poog om ‘n waterafvoersloot aan te bring sodat verdere reënwater weg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button