KYK: Hou moed en fokus op wat saakmaak dié Paasfees, sê Natascha C
Natascha C van Mbombela bring ‘n boodskap van hoop met “Amazing Grace”.

Te midde van vrees en onsekerheid oor die impak van die Covid-19-koronavirus en die verlenging van die grendelstaat wat Donderdagaand aangekondig is, bring Natascha C van Mbombela ‘n boodskap van hoop met “Amazing Grace”.
Kyk ook: Jimmy Stonehouse roer die hartsnare met sy liedjie oor inperking
Daarin pleit sy nie net by Suid-Afrikaners om verantwoordelik op te tree nie, maar ook om ons oë op die ware betekenis van Paasfees te vestig.
“Terwyl ons sit en wonder oor die toekoms, is ons geneig om te vergeet dat daar iemand is wat vir ons aan die kruis gesterf het.
“Ook besef ons nie hoe geseënd ons eintlik is dat die inperking oor Paasfees strek nie. Net wanneer ons dink dinge raak te erg, kom die belofte van hoop en goedheid en alles wat mooi is. Ons het nie al die antwoorde nie en soms is dit beter so. Maar ‘n boodskap is daar wel. ‘n Boodskap van hoop, liefde en ‘n belofte van God dat hy ons nooit in iets sal instuur wat ons nie kan hanteer nie,” het sy in haar video gesê.
Luister gerus na “Amazing Grace” deur Natascha C.
* Laevelder wil dié talentvolle sangeres bedank wat op ‘n versoek die video vir ons opgeneem het.
Covid-19: National lockdown extended by two weeks
