Local newsNews

LUISTER: “Moenie vrees nie,” sê oud-Springbok en Laevelder Rudi “Vleis” Visagie

"Net soos ek my laste in 2004 op Hom geplaas het. God sal die geveg vir jou veg."

Oud-Springbok Rudi “Vleis” Visagie wat in 2004 ‘n byna ondenkbare tragedie beleef het toe hy sy dogter per ongeluk doodgeskiet het, gebruik nou dié ervaring om ander op Paassondag te midde van ‘n wéreld-pandemie te bemoedig.

Lees ook: Frieda Visagie ontlok vele trane asook glimlagte

Hy het sy dogter, Marlé (19) vir ‘n inbreker aangesien en haar geskiet. Visagie, ‘n bekende Laevelder, skroom nie om te getuig hoe sy geloof hom gehelp het om hierdie voorval te bowe te kom nie en het vanoggend ‘n inspirerende stemnota vir duisende ander Christene in hierdie grendelperiode aangestuur. Hy vertel daarin dat Suid-Afrikaners veral nou die voorreg het om die situasie vir Jesus te gee. “Net soos ek my laste in 2004 op Hom geplaas het. God sal die geveg vir jou veg.”

Luister:

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button