KYK: SA musieksterre gee Blue Moon nuwe lewe met vermaak vir die hele gesin
In 'n kloof tussen die beeldskone laeveld-berge lê die musiek-venue van ouds, Blue Moon. Na 6 jaar van stilte word hierdie prentjiemooi plek in November 2020 heropen met 'n opwindende konsertreeks vir die hele gesin!

Blue Moon 2020 bied aan kunstenaars soos Jay du Plessis & Lianie May, Robbie Wessels, Kurt Darren, Bok van Blerk, Die Heuwels Fantasties en nog vele meer.
Daar sal elke Vrydag en Saterdag ‘n vertoning wees wat R180 per persoon sal kos. Kaartjies is slegs vooraf aanlyn beskikbaar by www.itickets.co.za.

Geen eie kos of drank word toegelaat nie maar daar is allerlei kosstalletjies en ‘n kontantkroeg beskikbaar vanaf die hekke open tot 23:00. Kaartjies is slegs vooraf aanlyn beskikbaar by www.itickets.co.za.
“Omdat Innibos hierdie jaar nie kon plaasvind nie, gebruik ons hierdie geleentheid om steeds kunstenaars na die Laeveld te bring. Ons het ook seker gemaak dat ons heelwat plaaslike ondernemings ondersteun deur middel van infrastruktuur vir die vertonings,” sê Murray Lubbe, musiekverwaardiger en organiseerder van Blue Moon 2020.
Die Covid-19-pandemie het die musiekindustrie swaar getref en hierdie vertonings help so ‘n bietjie. “Blue Moon 2020 is iets waarna elke Laevelder kan uitsien, en dit is die begin van groot dinge…” skimp Lubbe. En die pad na Blue Moon wat nog altyd ‘n uitdaging is? Die span verseker dat dit beter as ooit tevore is.
“Ons het seker nou al 100 keer heen en weer gery vir die reëlings, en die pad ry werklik baie lekker,” vertel Henré Bornman, een van die organiseerders. “Ons sien uit om Laevelders te ontvang en te vermaak!” sluit Lubbe af.

20 NOVEMBER – JAY & LIANIE
Op 20 November is Nicholis Louw die verrassingskunstenaar wat saam met Jay en Lianie optree. Met alles van “Dis Hoe Ons Rol” en “Melanie”, tot “Jy Soen My Nie Meer Nie” en “Bel, Bel, Bel” is daar genoeg vir almal se smaak.
Koop jou kaartjies hier.
21 NOVEMBER – ROBBIE WESSELS
Op 21 November tree Nadine op saam met Robbie Wessels, wat ná 15 jaar vir die eerste keer terug is by Blue Moon. Daar is ’n magdom treffers om na uit te sien. Kom dans, kom lag, kom kuier – en as jy wil – dan moet jy net leeuloop!
Koop jou kaartjies hier.
27 NOVEMBER – RICUS NEL
Waar beter om te luister na “Hardekole” as onder die bosveld maan? Tussen hierdie pragtige berge is Ricus en sy musiek baie tuis – en met ‘n bietjie geluk mag hy selfs die boerepompie nader trek!
Koop jou kaartjies hier.
28 NOVEMBER – KURT DARREN
Suid-Afrika se sokkie kaptein is terug in Nelspruit met ‘n aand vol van sy grootste treffers. Staan op! Kom bietjie hier! Kom dans jou uit jou skoene uit! Jy kan kaalvoet sokkie of dans op die tafels!
Koop jou kaartjies hier.
4 DESEMBER – KARLIEN VAN JAARSVELD
Met geskeurde jeans en rooilipsoene – van “Jakkals trou met wolf se vrou” tot “Hande”, is Karlien terug by Blue Moon. Bring jou familie en vriende of maak dit dié week se “date-night”… Ons waarborg ‘n baie spesiale aand!
Koop jou kaartjies hier.
5 DESEMBER – BOK VAN BLERK
In 2007 is Bok van Blerk se konsert DVD “De la Rey” verfilm by die einste Blue Moon voor ‘n gehoor van meer as 2000 mense! Nou is hy terug met al die ou- en ook ‘n magdom nuwe treffers!
Koop jou kaartjies hier
11 DESEMBER – DIE HEUWELS FANTASTIES
In die beginjare van Blue Moon was dit ‘n slypskool vir baie opkomende afrikaanse rock musikante. Baie van daardie bands het later vir hulself groot naam gemaak. Die Heuwels Fantasies kan gereken word as van dié suksesvolste! Kom beleef hierdie spesiale aand wanneer die manne na jare terugkeer na een van hulle mees geliefkoosde venues!
Koop jou kaartjies hier.
12 DESEMBER – APPEL
Boer loop deur sy are en in die bos is hy tuis. Dié jagter gaan sorg vir ‘n aand wat jy vir lank nie gaan vergeet nie – so bring jou nonna en jou pelle en kom kuier saam!
.Koop jou kaartjies hier.
https://www.youtube.com/watch?v=E-uuUnLSHLw&feature=youtu.be

