Akademie is Laerskool Malelane se pitkos
Laerskool Malelane het sy top akademiese presteerders volgens die tweede kwartaal se Junie-eksamenresultate aangekondig.
Die Afrikaanse en Engelse klasse was saamgestel en die top vyf akademiese leerders van elke graad, gr. 4 tot 7, is gelukgewens.
“Ons is baie trots op hulle toewyding op akademiese gebied, en dit verg harde werk om daar te kom. Hulle is nie net dromers nie, hulle is doeners,” sê Sue de Beer, die departementshoof van akademie vir die tussenfasegroep.

Die top vyf gr. 4-presteerders: Sincobile Sibiya, Lehumo Mashego, Annie Bester, Muhammed Bapu, Deseré Porter.

Die top vyf gr. 5-presteerders: Lara Janse van Rensburg, Amore Oosthuizen, Megan Lourens, Minette Swartz, Nienke Radley.

Die top vyf gr. 6-presteerders: Robroy MacGregor, Ellie Bezuidenhout, Chantel Mabunda, Aaliya Patel, Zack Stander.
Die top vyf gr. 7-presteerders: Henning Radley, Nina Bester, Lushke Neethling, Yurandi Rademan, Laubscher Boshoff.
ALSO READ: Charity washing line at Riverside Mall an overwhelming success
