Local newsNews

Pretloop en konsert vir baba Ayden

Vrydagaand gaan daar heerlik by Lodge Laske Nakke se Rose & Copper Village in Lydenburg saamgekuier word.

Die aand word afgeskop deur ‘n 5 km-pretloop as fondsinsameling vir Ayden
van Niekerk.

Baba Ayden van Niekerk in die rehabilitasiesentrum.

Dié nege maande oue seuntjie was vanaf Mei in die hospitaal en daarna ‘n rehabilitasiesentrum, na ‘n noodgeval waarin sy suurstoftoevoer belemmer is.
Die pretloop begin om 17:00 en is ten bate van Ayden se mediese onkostes.
Na die pretloop tree die sanger Ilan om 18:30 op. Ilan is beter bekend as Superman van The Voice.
Na die gemeenskap se aanvraag is die voorgestelde piekniekboksies van die prys verwyder. Die koste van die vertoning beloop nou R120 vir volwassenes en R70 vir kinders van drie tot 12 jaar.
Daar sal wel heerlike eet- en drink-goedjies by die stalletjies te koop wees, en gaste kan steeds piekniek hou.
Die verskeie stalletjies beloof ook om deel van die aand se vermaak te wees.
Onthou om jou eie stoel saam te bring. Vir meer inligting, skakel 013 235 2886.

Lees ook: Heimwee en nostalgie vir skool se eeufeesviering

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button