Pumas hou veiling vir ouers in nood
Die hemde het gewaai by die Pumas se liefdadigheidsaand verlede Woensdag by Urban House.
Terwyl ‘n veiling op die verhoog afgespeel het, het van die Pumasspelers (sommige sonder hemde, maar darem netjies met ‘n strikdas) tussen gaste deurgeloop en kelner gespeel.



Met Laevelder as mediavennoot, het organiseerders vanuit alle oorde bymekaargekom om hierdie aand moontlik te maak; die NNC Pumas, Stabilicor, Urban House en La Belle Vie. Ongeveer R100 000 is ingesamel.


Jimmy Stonehouse, die hoofbreier van die Pumas, het die veiling behartig en te oordeel aan die opbrengs, hom duidelik goed van sy taak gekwyt. Stonehouse is ook as ‘n sanger tuis agter ‘n mikrofoon.


Lonita Swift, Zané Jansen van Rensburg en Anne-Mari het die gehoor deurentyd vermaak. Vrouemaand se afsluiting het ook ‘n tipe damesaandjie-uit-atmosfeer aan die geleentheid verleen.

Ondertekende rugbyballe en -truie was onder meer van die items wat opgeveil is. Een van die balle het ‘n allemintige bod van R7 000 gehaal en een van die truie R6 000. Verder was daar Buffelsfontein-brandewyn, skoonheidsgeskenkbewyse en nog meer.
ALSO READ: SANParks launches reality TV series

Madelein van Eeden van Stabilicor het gesê dit was ‘n fondsinsameling ten bate van ouers wat hulle werk gedurende die pandemie verloor het.


“Enigiemand kan my by 072 112 0508 kontak om te help, en ook anoniem bly. Hulle kan Radio Laeveld ook laat weet, en dan gaan ek van die skole ook nader.


“As enigiemand ‘n verwysing wil gee, is hulle ook welkom.”
