News

Konings van kitskos maak ‘n draai op Hazyview

Afrikaanse sanger Gerhard Steyn en akteur Alvin Bruinders het restaurante in Hazyview besoek vir om vir hulle kosprogram, Konings van kitskos, 'n episode te skiet.

Die Afrikaanse popsanger, Gerhard Steyn, en die akteur, Alvin Bruinders, bes bekend vir sy rol in Vetkoekpaleis, het vir hulle “antigourmetkosprogram”, Konings van kitskos, tyd op Hazyview deurgebring om ‘n nuwe episode te skiet. Die twee aanbieders en die filmspan het sekere restaurante in en buite die dorpie besoek om die geurige kos van die Laeveld op die proef te stel.

Hierdie kosprogram het in 2018 op Via TV afgeskop. Steyn en Bruinders besoek restaurante oor die land om die beste kitskos en unieke restaurantbedryf in Suid-Afrika te vind. Die filmspan het vanaf Sondag 16 Januarie tot Vrydag 21 Januarie hulle by die Little Pilgrims Boutique Hotel tuisgemaak.

Die grimeerkunstenaar van die filmspan, Domonique de Lange, maak vriende met ‘n inwonerkat.

LEES OOK: Dis weer interhoërjaar by Nellies!

Op Woensdag 19 Januarie het die twee konings Topolino’s Italiaanse Restaurant en Pioneer’s Butcher & Grill uitgetoets om te sien of hierdie restaurante hulle beloftes gestand hou. Die aanbieders en filmspan het ook by die dorpies Graskop en Sabie ‘n draai gaan maak voordat hulle na Johannesburg teruggekeer het.

Een van Topolino’s se kelners, Madonna Baloyi, deftig uitgevat.

Die kosprogram is al twee seisoene sterk en daar is steeds geen keer aan Steyn en Bruinders nie. Topolino’s, Pioneer’s en Little Pilgrims Hotel het hulle en die filmspan vir hulle betrokkenheid en belangstelling in Hazyview bedank.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button