Bergvlam het die gees
Vlammies het tweede plek vir die beste optog gewen, en was ook die tweede beste dirigentespan van die dag.
Hoërskool Bergvlam se Annelize Oosthuizen is as die beste dirigent vir die Interhoër 2022 aangewys en die eerste plek vir beste kreatiewe liedjie word ook aan die Vlammies toegeken.

Vlammies het verder die tweede plek vir die beste optog gewen, en was ook die tweede beste dirigentespan van die dag.
Op die veld het Cian Maritz die skool se naam hoog gehou, met twee eerste plekke in onderskeidelik diskus en spiesgooi.

Dit volg nadat hy ‘n afstand van 34,5 m in die eersgenoemde item vir s. 16 behaal het, en 46,5 m in gewigstoot. Verder het hy ook ‘n derde plek vir gewigstoot met ‘n afstand van 11,46 m behaal en brons ingepalm. Vir dié prestasies het hy ‘n ASA-puntetotaal van 1 905 ingesamel.

Zankia Stoltz het silwer vir haar afstand van 9,87 m vir d. 14 gewigstoot gewen, terwyl Edwin Ndizimane (d. 16), ook tweede plek vir haar tyd van 02:04.27 in die 800 m behaal het.
Kayden Vilakazi het nog ‘n silwer ingepalm vir haar tyd van 19,47 sek. in die 100 m-hekkies vir d. 19.

Die volgende atlete het brons verower:
• Milde Cronje vir 400 m en 800 m
• Edwin Ndzimeni, 400 m
• Amu Nyathi, 800 m
• Masego Mokgope vir 1 500 m
• Thando Maseko vir 200 m
• Janel van Wyk vir diskus
• Wiaan Snyman vir spiesgooi
• Aflosspanne s. 16 en d. 16.



Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram







