Verkenners word aan regspraktyke bekendgestel
Die distrikshof-landdros, Refilwe Ruth Tsotetsi, het die Voortrekker Verkenners op Vrydag 25 Februarie vergun om aan 'n skynverhoor in die landdroshof deel te neem.
Die Voortrekkers is touwys gemaak oor hoe die prosedure in ‘n hofsaak verloop.
Al die fasette te doene met ‘n hofsaak, soos die aanhoudingselle, die toepaslike plekke waar die staat en verdediging plekke inneem, die sitplekke vir die transkribeerder, tolk, beskuldigde bank en voorsittende beampte in die hof, is aan die Verkenners bekendgestel.

Die doelgerigte Verkenners is daarna gevra om van die hofprotokol, etiek en aanspreekvorms te leer en het die rolle van verdagtes en aanklaers in ‘n hof vertolk. Die kinders het die geleentheid aangegryp om die belangrikheid en doel van ‘n hof as ‘n groep te verken, met behulp van Tsotetsi.
LEES OOK: Fees van die brandbekke
Die beginsels van regspleging, bewyslewering, getuienisse aanbied, pleite, ondervraging en betoging is aan hulle in die skynverhoor voorgestel. Hoe bevindinge gemaak word in ‘n regstelsel, het uit die nagebootste aanklagte, pleite, pleitverduidelikings en getuienis voortgespruit.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
