Bietjie Wijn bring wynplase se uitsoekkultivars na Kaapsehoop
Daar was genoeg wyn en stalletjies in Kaapsehoop op 5 Maart.
Daar is ‘n konsensus onder ‘n handjievol Laevelders bereik wat die afgelope naweek Kaapsehoop besoek het – hier mag maar weer wynfees gehou word.
Bietjie Wijn, wat sowat twee jaar gelede deur Chaté Engelbrecht gestig is, het Saterdag die Laeveld besoek. Heelwat wyne was beskikbaar om te proe by verskillende uitstallers, met nog soveel ander stalletjies wat allerhande snuisterye verkoop het. Kantoorstraat was ‘n volledig feestelike ervaring.

Engelbrecht sê sy het al ‘n paar van hierdie feeste aangebied en hoop om dit oor die hele land te doen.
LEES OOK: President Kruger en die akkerboom
“Ek reël gewoonlik boetiekwynplase, so hulle is gewoonlik van Stellenbosch of Franschhoek of so af.” Daar is soms van die groter name ook.

Afhangende van hoe vrygewig die uitstallers is, kan mense dan proe soveel as wat hulle wil en van daar af hopelik aankope doen of wyne bestel.
Daar was natuurlik lewendige musiek ook om verder die straatfeesatmosfeer aan te help.















Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
