Bennie Boekwurm-burgers die beste
Bennie Boekwurm Speelgroep het verlede week hul fondsinsameling in Impalastraat gehad.
Impalastraat was Vrydag vol van die heerlikste burgergeure tydens Bennie Boekwurm Speelgroep se fondsinsameling.
Eulalia Jordaan, die hoof van die speelgroepie, sê hulle het gemik vir min of meer 500 burgers, maar toe hulle weer sien, was daar meer as 700 bestellings.
“Die Here het ons baie geseën, regtigwaar. En die ouers is verskriklik betrokke en behulpsaam.”

Die idee het tydens verlede jaar se grendeltydperk sy oorsprong gehad toe restaurante net wegneemetes kon voorsien. Jordaan het toe besluit hulle fondsinsameling moet ook maar die vorm van ‘n drive-through aanneem.
Dit was so ‘n groot sukses dat hulle besluit het om dit vanjaar te herhaal.

“Mense het gesê, ‘Hoor hier, dit was so lekker, julle moet dit weer doen.’ Die straat se mense ook.”
Daar is natuurlik ook ‘n spesiale sous op die burger wat Jordaan reken deel van die trekpleister is.
LEES OOK: Twee vroue se hande staan vir niks verkeerd
Die speelgroep maak voorsiening vir kinders tussen die ouderdomme van 18 maande en ses jaar. Die twee kinders (oftewel ouers) wat die meeste burgers verkoop het, kry ‘n geskenkbewys van Panarottis.








Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
