Local newsNewsNews

Regoor die Laeveld vir liefde

Die Op My Eish!-span se tydjie in die Laeveld het na ongeveer 'n maand tot 'n einde gekom.

Loufi en Francois Jacobs by Franna Fest.

Die realiteitsreeks Op My Eish! was sedert 4 Februarie in sy liefdesoeker, Francois Jacobs, se tuisprovinsie, waar van die episodes vir die reeks verfilm is.

“Ons het met ‘n skemerkelkpartytjie afgeskop waartydens Jacobs en die dames se reis en soeke na liefde begin het. Ons skiet ses dae ‘n week by verskillende toeristeaanloklikhede regoor die Laeveld,” het die uitvoerende vervaardiger van die program, Gideon Eksteen, na die partytjie aan die koerant gesê.

Francois Jacobs by Franna Fest.

Verlede Maandag was die span by ‘n sekere lodge naby Witrivier waar ‘n verrassing op die dames wat vir Jacobs se liefde meeding, gewag het.

LEES OOK: President Kruger en die akkerboom

Nie net die Vir Die Voëls-ster was hier nie, maar ook die reeks se aanbieder en Jacobs se wingman, komediant Schalk Bezuidenhout.

Schalk Bezuidenhout by Urban House.

In die reeks speel Bezuidenhout die rol van raadgewer, maar hy het ook op hul Laeveldse besoek ‘n vertoning by Urban House ingewerk – Jacobs en die dames het ook die vertoning bygewoon. Hier het so ‘n paar Laevelders ‘n skelm kykie gekry na die dames wat op daardie stadium van die program nog oor was.

LEES OOK: Vlooimark nou reeds in volle swang

Wat presies by die lodge afgespeel het, sal kykers eers heelwat later in die reeks te siene kry, maar daar word vir seker so ‘n paar vrae gevra waaroor Jacobs en die dames mooi moes dink.

Schalk Bezuidenhout by Urban House.

Neels van Jaarsveld was in seisoen een op soek na liefde; Francois Jacobs se soeke begin in April op die kassie draai.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button