Local newsNewsNews

Heerlike ontbyt wag by die boeremark by Oewersig

Die Nelspruit Boeremark en langarmdans is elke eerste Saterdag van die maand.

Die Nelspruit Boeremark is besig om weer sy voete by Oewersig te vind en nooi elkeen uit om aan die begin van elke maand by hulle te kom aansluit.
As niks anders jou na dié venue (net verby Marlin Pub & Grill) toe lok nie, sal die ontbyt beslis.

Solidariteit Helpende Hand staan gereed in die kombuis om vir jou ‘n ordentlike ontbyt met eiers, spek, wors, sampioene, gebraaide tamaties, sousbone én tuisgebakte brood met konfyt en botter te gee. Dan is daar ook jou keuse van moerkoffie of sap.

Ruth en Roelf Faurie.

Die organiseerder, Lyzelle van Wyk, sê hulle is besig om hierdie mark te bou tot waar hy eens op ‘n tyd by die ou skougronde was.

In September is die mark 16 jaar oud, “so dit is nie sommer net ‘n boeremarkie nie,” sê sy.

LEES OOK: Urgent investigation is launched against Rob Ferreira

Sy sê mense het al dikwels vir haar gesê sy moet “dorp toe” skuif, maar vir haar gaan dit oor die omgewing wat hulle by Oewersig het. “Jy kan jou hond saambring, hier is perde, jy kan gewoonlik die rivier sien. Jy voel jy kom bietjie uit die huis uit, maar jy is nog in die dorp.”

Lynette Massyn en Fiona Smith.

Die mark is ook tweeledig. Van Wyk se gunstelingdeel – die langarmdans – kom eers teen 18:00 aan die gang. Jy bespreek ‘n tafel, bring jou eie drink- en eetgoed en geniet die aand van daar af; of dit nou is deur te langarm of net rondom ‘n tafel saam met vriende te kuier.

Die mark/dans is elke eerste Saterdag van die maand daar om jou te vermaak. Vind meer inligting op die Nelspruit Boeremark Facebook-blad.

Wilna Steinberg en Riekie Viljoen.
Amanda en Gideon Delport.
Cor Trollip en Hans Breed.
Daniel Oosthuizen en Stefan Janse van Rensburg.
Esti Janse van Rensburg en Melusine Deglon.
Heerlike tuisgebakte brood.
Hasan en Wayland Hood.
Rhona en Neels Alberts.
Anita Smith en Lyzelle van Wyk.
Willie Labuschagne en Marsan Hamman.
Marné en Gerhard Otto.
Meryl en William Trollip.
Hunter’s Pride en Wiehann Hood.
Elané Janse van Rensburg.
Die ontbyt is genoeg om enigeen na Oewersig te lok.
Savian Janse van Rensburg en Xander Jansen.
Johan en Nadia Oosthuizen, Nikita Nienaber en Michael Skead.
Gerda Combrink en Amelia Gouws.
Lyzelle van Wyk doen herstelwerk aan die springkasteel.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button