Man se knievervanging vir eers uitgestel
Gert Hawkins se kniegvervanging was vir 7 Maart geskeduleer. Dié operasie, waarvoor plaaslike rolspelers saamgekom het, sal nog plaasvind, maar die nuwe datum is nog nie bekend nie.
Gert Hawkins (63) sou op 7 Maart ‘n knievervanging ontvang het wat sy lewe drasties sou verander.
LEES OOK: Liefdadigheid tree in vir man se knievervanging
Daar is verskeie rolspelers wat hierdie operasie by Busamed Laeveld Privaat Hospitaal moontlik maak, maar weens ‘n sameloop van omstandighede was van dié persone nie op hierdie datum beskikbaar nie.

Hawkins sal nog steeds sy operasie ondergaan, maar wag tans op ‘n nuwe datum.
Behalwe vir die mediese personeel en dienste wat hierby betrokke is, het Elaine Blignaut en Round Table White River 64 die befondsing moontlik gemaak.
LEES OOK: Leon Maré: Groot Leeu van die Laeveld sterf
Min mense ken waarskynlik vir Hawkins op sy naam, maar as jy al ooit by Courtside SPAR se verkeerslig verby is, sou jy hom dalk al daar in sy rolstoel gesien het.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
