Fietsren van plaaslike ma en seun se emmerlys afgemerk
'n 78-jarige ma van Mbombela en haar seun het onlangs die Cape Town Cycle Tour saam voltooi.
Dit was nog altyd haar droom om die Cape Town Cycle Tour saam met haar seun te voltooi, en vanjaar is hierdie droom verwesenlik.
Santie Fourie word vanjaar 78 en sy het die afgelope naweek die agtste toer voltooi. “Sowat vyf weke gelede het my seun laat weet hy wil die Argus (die wedren se voormalige naam) saam met my doen.”
Gelukkig was daar nog inskrywings vir buitelanders beskikbaar. Nick woon tans in Austin, Texas, dus het dit perfek vir hierdie geleentheid uitgewerk.

“Ons het saam weggespring en ek en hy het die hele resies saam gery en saam klaargemaak. Dit was vir my en hom ‘n emmerlys-oomblik om die Argus saam te doen.”
Verlede jaar was Santie se tyd vyf en ‘n half uur. Sy skat dat dit hierdie jaar ongeveer vyf uur en 45 minute was. Die weersomstandighede was aanvanklik nie gunstig nie, maar het gelukkig tydens die resies verbeter.
LEES OOK: Leon Maré: Groot Leeu van die Laeveld sterf
“Aan die begin was dit was baie nat en koud, maar toe ons om die berg is, het die son geskyn. Daar was baie min wind en die uitsigte was ongelooflik.”
Na die resies het sy haar plaaslike fietsrymaat, Peter Hughes, bedank vir al die ure wat hulle saam geoefen het. Santie ry nou al vir sowat 27 jaar lank fiets en haar grootste mikpunt is om ‘n wedren te voltooi.
Sport en liggaamlike fiksheid is lank reeds deel van Santie en Nick se alledaagse lewe. Die hele gesin eet, drink en slaap oefening; iets wat weer eens bewys is tydens haar en Nick se deelname aan die toer.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
