Gewilde sanger verfilm musiekvideo by Mustangs
Juan Boucher het gesê hoeveel hy die Laeveld-mense se ondersteuning waardeer tydens sy vertoning by Mustangs - The Dancing Place.
Die sanger Juan Boucher toer tans deur die land vir sy nuwe album en het Saterdagaand by Mustangs – The Dancing Place ‘n draai kom maak.
Te oordeel aan die hoeveelheid mense in dié kuierplek, val Boucher se musiek in meer as net ‘n paar inwoners se smaak. Die album, Hier waar ek nou is, is in 2021 vrygestel.
LEES OOK: Ondersteun Rusoord Lydenburg met sy witolifantverkope
Na die eerste helfte van sy vertoning het daar ‘n verrassing vir die skare voorgelê – die verfilming van ‘n musiekvideo; dit het talle ondersteuners tot op die dansvloer gelok.
Boucher het gesê hoeveel hy die Laeveld-mense se ondersteuning waardeer.













Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
