Local newsNewsNews

Rekordgrootte swartmamba in tuin gevind

Die grootte van hierdie spesifieke swartmamba het Neels Bothma, ’n plaaslike herpetoloog en slangkenner, nie afgeskrik nie.

Volgens hom is dit gewis die grootste swartmamba wat hy al in Lydenburg gevang het. Die 2,75 m lange kalant het Bothma verseker bietjie meer as gewoonlik laat konsentreer toe hy dit met ’n flitslig in die slangkas wou inlei.

Op Maandag 14 Maart het hy ’n oproep van die eienaar van ’n huis in die. Sterkspruit Estates-kompleks ontvang.

“Die huiseienaar het al ’n geruime tyd die slang in die omgewing opgemerk, maar dit kon nie met sukses aangekeer word nie. Daardie aand het die eienaar buitentoe gestap toe hy die slang in sy tuin hoor blaas het. Anton Edwards se hulp is ook ingeroep; hy verwyder gewoonlik slange in die kompleks. Maar toe Edwards die grootte van die swartmamba sien en die spesie erken, het hy hulp ingeroep. Ons het die slang omstreeks 19:50 die aand verwyder,” het Bothma gesê.

ALSO READ: Barberton snake catchers ensure safety of people and snakes

Bothma sê swartmambas kan dodelik wees en moontlike gevaar vir huiseienaars en inwoners inhou. Maar dit bly die slang waarvoor hy die grootste respek het, en diegene wat hom goed ken, sal sê die grootste liefde.

Bothma doen ongelooflik moeite met al die reptiele en diere wat hy in bewoonde gebiede vind. Nadat hy wetenskaplike data noteer en aantekeninge oor die slang se kondisie gemaak het, laat hy hulle vry.

Op Maandag 21 Maart het hy spesiaal vir Steelburger/Lydenburg Nuus die slang weer uit die slangkas gehaal om ’n beter foto te neem. “Sodra ek oortuig is die swartmamba is gesond, laat ek hom in ’n onbekende area vry. Ek laat hulle op ’n veilige plek waar ander slange voorkom, vry,” het Bothma gesê. Net ’n druppel van die swartmamba se gif kan tot dood lei. Die gif kan die senuweestelsel tot stilstand bring en slagoffers verlam. Bothma het gesê dit is dan baie belangrik om teengif so vinnig as moontlik toe te dien en dat dit ten alle tye beskikbaar moet wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bongani Mashisane

Bongani Mashisane is a journalist and digital content creator who began his career in 2005, working with African News Dimension, TimesLIVE and iNet Bridge.
Back to top button