Local newsNewsNews

Een persoon se passie vir vlooimark ‘n aanwins vir Marlothpark-gemeenskap

Vanessa Schoeman is al jare lank die staatmaker wat met lojaliteit en ondersteuning van die Marlothpark-inwoners vlooimarkte reël waar talente, passie en sakevernuf met besoekers gedeel word.

Vanessa Schoeman was nog altyd ‘n kreatiewe persoon en het in 2017 by verskillende markte rondom die Laeveld begin uitstal.

Haar passie vir vlooimarkte was eers halt geroep toe haar verloofde, Brian Craill, sy sig in 2020 begin verloor het.

Sy het besef dat daar nie ‘n konstante maandelikse vlooimark tussen Mbombela en Komatipoort beskikbaar was nie, en het die idee gekry om haar eie te begin.

LEES OOK: MTPA condemns attack on world-renowned artist, Dr Esther Mahlangu

“Ek het ‘n paar plekke in Marlothpark genader om ‘n mark te begin. Dit was die groot toerismepunt tussen Mbombela en Komatipoort. Ek het die Henk van Rooyen Park genader en gevra of ek die oop stuk grond kan gebruik om ‘n mark te begin,” sê Schoeman.

Johann Naudé, ‘n mede-eienaar van die park, het toestemming gegee en Schoeman se planne is uitgevoer. Die eerste vlooimark met 23 stalletjies het aan die einde van Maart 2021 afgeskop – dit staan nou al op 64.

“Ek het stalletjiehouers wat al van die begin van die mark saam met my gestaan het, soos Isaac Ngwenya, Colleen Human, JD Knives, William Ashton, Raymond du Preez, Maggi Dereksen, Charlene van der Westhuisen, en Alta en Rach Smit. Ek kry elke dag nog navrae van nuwe stalletjiehouers wat graag by ons mark wil aansluit,” het Schoeman gesê.

LEES OOK: One CIT heist suspect arrested in Schoemansdal, police hunt the rest

By die mark word ondernemings wat hul produkte graag wil blootstel, verwelkom. “Die mark is besonders. Ons is soos ‘n groot familie – lag saam, grap saam en terg saam. Ons wys Laevelders watter pragtige kreatiewe mense ons hier het,” het Schoeman gesê.

Enige persoon wat by die vlooimark wil uitstal, kan Schoeman by 065 865 7926 skakel.

Die volgende vlooimark by Henk van Rooyen Park is op Saterdag 26 Maart.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button