Minister van bosbou keur aansoek vir myn tussen Marlothpark en Komatipoort af
Die minister van bosbou, visserye en omgewingsake, Barbara Creecy, het op 7 Maart besluit om die aansoek vir 'n steenkoolmyn aan die suidekant van die Nasionale Krugerwildtuin ter syde te stel.

Dié aansoek om digby die Nasionale Krugerwildtuin te myn se nuutste weergawe is in Februarie ingedien. Daarin is die voorneme om 8 700 ha op die grens van Marlothpark te myn weer geopper, en met behulp van verskeie inwoners en AfriForum, is dit weggewys.
Volgens ‘n mediaverklaring van AfriForum het die nieregeringsorganisasie aansoek ingedien om dit weer af te keur nadat die mynmaatskappy, Manzolwandle Investments, ‘n appèlproses begin het toe die departement van minerale bronne en energie die mynaansoek aanvanklik afgekeur het.
Creecy het egter die mynmaatskappy se appèlaansoek vir die hersiening van die besluit goedgekeur.
LEES OOK: Drie kinders stabiel na motorongeluk tussen Barberton en eManzana
Volgens die Nasionale Omgewingsbestuurswet se appèlproses moes die organisasie, asook al die ander belanghebbende en geaffekteerde partye, in die besluit en proses geken word.
Volgens Lambert de Klerk, die bestuurder van omgewingsake by AfriForum, is hierdie ‘n groot oorwinning, maar die stryd is nog glad nie verby nie.
Tenbosch Mining, wat Manzolwandle Investments oorgekoop het, het ook ‘n aansoek ingedien om in die gebied te myn. De Klerk sê dié aansoek het ooreengestem met voriges waarin heelwat ongerymdhede en prosedurele gebreke voorgekom het.
LEES OOK: Fietsren van plaaslike ma en seun se emmerlys afgemerk
“AfriForum sal die kwessie ook teenstaan, en ons is besig om met ons regspan te konsulteer oor die moontlikheid om mynaansoeke in die gebied geheel en al te stop,” sê De Klerk.
AfriForum moedig lede van die publiek wat die Krugerwildtuin gereeld besoek en ‘n liefde vir die area het, aan om dié organisasie te steun.
LEES OOK: Ongeluk eis twee volwassenes, kinders in Kiaat Hospitaal
Die Marlothpark Belas-tingbetalersvereniging, die Marlothpark Eiendomseie-naarsvereniging, die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief, AfriForum, Ngwenya Lodge, die water- en besproeiingsraad en ander individuele partye weerstaan tans die aansoek.
Indien enigeen sou belangstel om hulle gewig agter enige van hierdie instansies te gooi, kan hulle hul versoek per e-pos aan mpra.cindy@gmail.com stuur.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
