Pasop as jy ‘n Hilux of Fortuner besit
'n Waarskuwing is aan Toyota-eienaars uitgereik ná 'n onlangse toename in voertuigdiefstal in Mbombela.
Minstens drie Toyota-voertuie is binne ‘n kwessie van ‘n week in Mbombela gesteel.
Die eerste voertuig, ‘n Fortuner wat die eienaar vir slegs drie weke gehad het, is op 16 Maart in Sonpark gesteel. Die tweede, ‘n Hilux, buite Mediclinic Nelspruit op 17 Maart, en die derde op 19 Maart by Montana Garden & Pet Pavilion. Dié eienaar het sy Hilux maar vir vier maande gehad voor dit gesteel is.
Video’s het die ronde gedoen oor beide die Sonpark- en Montana-voorvalle.
Die eienaar van die voertuig by Sonpark, wat versoek het dat sy naam nie genoem word nie, sê dit het die boewe minder as vier minute geneem om in sy Fortuner te breek. Binne ‘n halfuur is sy opspoorstelsel en nommerplate ‘n ent op die Sabie-pad uit gevind.
LEES OOK: Last roar from well-known lion of Lionspruit echoes through Marloth Park
Die bakkie by Montana het aan André Greeff behoort. Ook hier het die diefstal net só vinnig afgespeel.
Beide Greeff en die Fortuner-eienaar se insidente het een ding in gemeen: ‘n wit Volkswagen Polo is op albei tonele gesien.
LEES OOK: Gewilde sanger verfilm musiekvideo by Mustangs
Die woordvoerder vir die Nelspruit SAPS, konst. Bongani Mokoena, het dié drie voorvalle bevestig en bygevoeg dat daar gedurende Maart ‘n verdere vier gevalle van motordiefstel in die omgewing was.
Hi-Tech se Callum mac Pherson sê hulle het ‘n waarskuwing aan Toyota-eienaars uitgereik spesifiek ná hierdie toename in voertuigdiefstal.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
