Spoorstelselbande vir rondloperleeus dalk Marlothpark se verlossing
Inwoners en besoekers van Marlothpark word weekliks gemaan om versigtig te wees vir die leeus wat al van laasjaar hulself in die vakansiedorp bevind.
Na maande se gesoek en gewaarsku, word die leeus soms nog raakgesien.
Die Mpumalanga Toerisme- en Parkeagentskap (MTPA) se karnivoorspesialis, Gerrie Camacho, bly op hoogte met die jongste oor die leeus wat nog hier oorgebly het. Volgens hom is twee jong wyfies en een jong mannetjie op Vrydag 11 Maart deur ‘n inwoner gesien. Op dieselfde dag, teen middernag, was daar gerapporteer dat ‘n kameelperd in ‘n Securicon-sekuriteitsvoertuig vasgehardloop het toe die dier deur leeus gejaag is.
ALSO READ: Flight from Vic Falls to KMI Airport to boost tourism
“Ons werk hard om een van die leeumannetjies te vang en ‘n elektroniese halsband met ‘n opsporingstoestel aan te trek sodat ons die leeu kan gebruik om die res van die trop op te spoor,” het Camacho gesê. “Hulle raak meer aktief in die dorpie en word deur meer mense raakgesien, wat baie gevaarlik is, want hulle begin gemakliker raak rondom die huise en paaie soos hulle by die dag minder word.”
Die pad wat die leeus deur die die park loop word stiptelik deur die MTPA en ereveldwagters dopgehou. Alhoewel die leeus nie by ‘n enkele, spesifieke area gevind kan word nie, is daar ‘n spoor van karkasse wat nog as bewyse dien dat die leeus nie terugkeer wildtuin toe nie.
ALSO READ: One CIT heist suspect arrested in Schoemansdal, police hunt the rest
“As die leeus meer territoriaal begin raak, dan kan ons begin vleis en hokke uitsit om hulle te vang, maar dit is nie wat ons hoop vir Marlothpark nie. Die bos is te ryg om van ‘n helikopter of ‘n hommeltuig gebruik te maak, so ons mik om die elektriesehalsbandplan aan die rol te kry,” het Camacho gesê.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
