Local newsNews

Musiekliefhebbers geniet ‘n behoorlike opskop by Witrivier Rugbyklub

Die organiseerder van Kontrei Party sê sy het die geleentheid gereël vir die gemeenskap, sodat almal lekker saam kan kuier.

Die Witrivier Rugbyklub het Saterdagaand behoorlik gegons toe musiekliefhebbers hulself op die rugbyveld tuisgemaak het vir vertonings deur Anne-Mari, Chris Else, Fatman en Ricus Nel.

Met die hekke wat om 15:00 oopgemaak het, was daar reeds ‘n joligheid onder die gehoor toe Anne-Mari die verhoog teen 17:00 geopen het. Jacques Lombard, die seremoniemeester vir die dag, het die oorgang van een sanger na die ander meesterlik hanteer. Die organiseerder, Maryna Steenberg, sê sy was nog altyd ‘n aanhanger van al hierdie sangers en het gedink, maar hoekom nie almal sommer saam op een dag aanbied nie?

LEES OOK: Gewilde sanger verfilm musiekvideo by Mustangs

“Die rede hoekom ek dit gedoen het, was om ‘n lekker sosiale geleentheid vir die gemeenskap te skep, sodat almal lekker saam kan kuier met lekker musiek.”

Sy vertel dat die gouesirkelkaartjies (‘n tafel vir 12 mense met verversings) heel eerste uitverkoop het. Dié gelukkige mense het die beste sitplekke in die huis gehad. Met die koop van die ander kaartjies, kon jy óf op die tafels sit wat op die res van die veld beskikbaar was, óf jou eie stoel en kombers bring en heerlik saam met jou groep uitspan.

Wat stalletjies betref was daar worsbroodjies, pizzas, lekkernye, koffie en selfs ‘n fotohoekie vir aandenkings. Geen koelhouers is toegelaat nie, maar daar was ‘n kontantkroeg beskikbaar. Steenberg sê die dag was ‘n sukses en gelukkig het geen groot krisisse opgeduik nie. Sy hoop om volgende jaar weer ‘n Kontrei Party te reël.

LEES OOK: Ondersteun Rusoord Lydenburg met sy witolifantverkope

Martin van der Berg, Frans Pieterse, Walter Serfontein en Werner Swanepoel.
Anri Coetser en Melanie Bezuidenhout.
Fatman.
Britney Stoltz en Kelly Taylor.
Ben en Maryke le Grange.
Norina en Hennie de Lange.
Dirk en Chané Graaff en hul dogtertjie, Avaleigh.
Madelein en Johnny Badenhorst.
Weber en Jana de Klerk, Christof Gresse en Pieter Theron.
Fatman.
Sakkie en Zelda Smith.
Lynn-Marie Nienaber en Juanry en Alexi Crous.
Christian Cronje, Lizane Heine en Abrie Coetzer.
Lize Leonard.
Maryke Steenberg en Anneke van Heerden.
Chris Else.
Ricus Nel. > Foto: Little Miracles Photography
> Foto: Little Miracles Photography
Anne-Mari.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button