Bacchus Nel onthaal by Nagkantoor in Kaapsehoop
Hierdie vertoning was een vir die Kaapsehoop- en Nagkantoor-boeke.
Dié sanger het die Laeveldse naweek met ‘n gevoel van nostalgie afgeskop toe hy Vrydagaand op die Nagkantoor-stellasie liedjie na liedjie
gesing het.
Bacchus Nel en sy kitaar het sy klein verhogie met Rian Britz en dié se klawerbord en trekklavier gedeel.
Onder die Kaapsehoop-gehoor was beide plaaslike inwoners, buitedorpers en ‘n behoorlike versameling honde.
Die eienaar van die kuierkroeg, De Wet Potgieter, het opgemerk dat daar byna meer honde as mense by die optrede was – hy onthaal die mense, en Potlood (die bekende Nagkantoor-hond) onthaal die vierbeenvriende.
LEES OOK: Markdag stel entrepreneurs se vele talente ten toon
In een van Nel se liedjies, “Herfsman”, sing hy, “…ek stig ‘n kommissie van ondersoek na die welstand van my siel en van my gemoed…”
Sy musiek los jou met ‘n tipe rustigheid wat beslis die kommissie met geen kommer sou laat vir die besoekers se siele of gemoedere nie.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram