Local newsNewsNews

Botaniese tuin ideale plek vir piekniek en musiek

Die Picnic Sundays wat die afgelope naweek in die botaniese tuin in Mbombela geloods is, was 'n groot bederf.

Die eerste in ‘n reeks optredes by die Laeveld Nasionale Botaniese Tuin het Sondag met Riaan Benadé afgeskop.

Picnic Sundays is ‘n nuwe inisiatief by dié venue wat Laevelders nie sal wil misloop nie. Die gehoor maak hulself op die grasperk tuis met ‘n piekniekmandjie en ‘n kombers, en geniet die middag soos dit ontvou.

LEES OOK: Bacchus Nel onthaal by Nagkantoor in Kaapsehoop

Die plaaslike sanger, Anton Botha, het die verhoog vir Benadé om 12:00 geopen.

Benadé se treffers soos “Gooi nog ‘n whisky”, “Vat ‘n bietjie” en “Spontaan” was onder die gunsteling vir die dag, maar daar was ook ‘n paar dekliedjies wat vir seker by die gehoor aanklank gevind het. Alhoewel die Laeveldse hitte die sanger na ‘n handdoekie laat gryp het, het hy nietemin sy tyd hier geniet.

LEES OOK: Mbombela-ma dankbaar vir gemeenskapshulp met fondsinsameling vir dogter

Tydens sy weergawe van Johannes Kerkorrel se “Hillbrow” het hy ‘n glasie gelig en dié lirieke aangehaal: “Kom ons drink op die een wat sy drome oorleef.”

Hy het sy vertoning afgesluit deur “Vat ‘n bietjie” sommer weer te sing.

Luca Pieters en Mignonne de Klerk.
Francois Loots, Janika Horn en Harper Sage Knight.
Hendrik, Maryke en Wihan Ferreira.
Megan en Ali-Rose Knight.
Riaan Benadé.
Carina Nieuwoudt en Karel Diedericks.
Lianke O’Connell en Chanté van Huyssteen.
Riaan Benadé.
Daniël, Gideon, Dian en Catrien Pretorius.
Johan Swart, Kayla Blockley, Stacy Swart en Henro Kemp.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button