Local newsNews

Kaapsehoop in rep en roer oor Mathys Roets se eersdaagse optrede

Mathys Roets se optrede op Saterdagaand 23 April by Silvermist se gemeenskapsaal op Kaapsehoop val saam met ‘n twee dae kunsprogram wat deur die Aeon Kunsgroep op luisterryke wyse aangebied word.

Toegang vir Mathys Roets se konsert is R130 per persoon en besprekings moet by Monica by 079 892 1175 of by Silvermist Gastehuis Joleen by 083 422 7312 gedoen word. Daar word van die feeskomitee verneem dat die gedagte is om ‘n ware en kleurryke karnavalatmosfeer te skep met 30 stalletjies met items wat van tuisgemaakte leerartikels tot wyn wissel.

Die dagprogram wat om 08:00 afskop, sal deurlopende buitelugmusiek aanbied, wat onder andere die bekende plaaslike marimba-orkes en die befaamde Stevenson-Hamilton Pipe Band insluit.

Die bekende Johan Smit sal die kontinuiteits aankondeging behartig en vrolike musiek opdiep tussen die optredes van die verskillende orkeste. Vir die kleuters tussen drie en vyf jaar is daar die mejuffrou Perdestert en mnr Ruiter van die dag kompetisie met lekker pryse vir die wenners asook die twee naaswennertjies Kindertjies moet van hulle ouers vergesel word en voor 11:00 inskryf by die bekende Waenhuis. (Agter die Nagkantoor).

Op Sondag word ‘n erediens deur Pr. Gerrie Jordaan in die Pronoia Kapel aangebied met sangnommers deur Rika Human en Lynette Massyn asook ‘n uitvoering van Amazing Grace deur Stevenson Hamilton Pipeband.

Oornag fasiliteite is beskikbaar en besprekings moet vooraf by Kaapsehoop Accommodation of Silver Mist Country Inn gedoen word.

Saterdagaand program is soos volg:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button