News
Kletskous-koerantjie kry vlerke in gedrukte vorm
Alhoewel alles deesdae oor sosiale media gaan en nuus op selfone beskikbaar is, is ’n gedrukte kopie van ’n koerant steeds bobaas.
Laerskool Lydenburg het op Vrydag 9 April hul Kletskousskoolkoerantjie saam met die rapporte uitgegee.
Die redaksie, onder andere onderwysers Carla van Dyk en Carmien van Loggerenberg, die ouers en personeel het saam aan die finale produk gewerk. Dié span het ’n pronk- 20-bladproduk met hope
skoolnuus saamgestel.
Steelburger/Lydenburg Nuus (van Laeveld Media) was weer eens direk by die druk en verspreiding van Kletskous betrokke.
Lees ook: Uithaleraksie by Laerskool Lydenburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
