Paasfees-bederf by Katoen
Gemeenskapslede het gesorg vir 'n heerlike Sondagmiddagete asook verrassingspakkies vir Katoen.
Die inwoners van Katoen het die afgelope naweek ‘n Paasbederf by lede van die gemeenskap ontvang.
Wendy Geere, die organiseerder van die inisiatief, sê hulle het vir beide die Saterdag en Sondag voorsiening gemaak.
LEES OOK: Plaaslike praktisyns bederf vir onbaatsugtigheid
Saterdag was daar worsbroodjies, koeldrank en lekkergoedpakkies vir die kinders. Die pakkies het speelgoed, onder andere maskers en papierfluitjies, bevat, wat die kinders sommer dadelik opgesit en mee gespeel het.

Geere het ‘n 3D-drukkersonderneming en het daar vir elke pakkie ‘n pienk of wit hasie gemaak.
‘n Hoenderbredie en rys is vir Sondag beplan, waarvoor die groep weldoeners bestanddele verskaf het sodat die inwoners dit self kon voorberei.
Victor Stoltz van Mbombela Tyres was ook deel van die groep. Geere sê hierdie uitreik was vir hom ‘n hartsbegeerte. Hy het baie van sy kliënte vir skenkings ingespan.

Die lys skenkers vir die dag is byna te lank om te noem, het Geere besef toe sy probeer het. Sy is opreg dankbaar vir elkeen wat by die dag se reëlings betrokke was. Die groep wil graag so eenmaal per maand ‘n soortgelyke uitreik na Katoen doen. Enigeen wat graag betrokke wil raak of ‘n skenking wil maak, kan Geere by
076 204 9328 kontak.


Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
