Bergvlam se ATKV-Jeugtak, AFRI-TASTIES, hier om te bly
Die nuwe komitee vir Bergvlam se ATKV-Jeugtak is onlangs verkies.
Tydens die verkiesing van Hoërskool Bergvlam se ATKV-Jeugtak en bemarking om lede te werf, was die leerders se entoesiasme en belangstelling om deel te word van dié groep, oorweldigend. Die skool sê hulle deel dieselfde passie en strewe om Afrikaans op vele terreine vlerke te gee.
Die verkose komitee vir 2022 is soos volg:
Voorsitter: Janel van Wyk
Sekretaresse: Tamryn James
Bemarker: Ashley Wright
Tesourier: Hané van Dyk
Funksies: Dewald Steenkamp
Redakteur: Nina van Heerden.
ALSO READ: Plaston now three months without electricity
“Ons komitee en lede streef daarna om Afrikaans te bevorder en die jeug uit alle agtergronde aan te moedig om meer van die taal te leer. AFRI-TASTIES wil verder samehorigheid op ‘n prettige manier aan ons leerders blootstel met al ons aktiwiteite wat ons vir 2022 beplan.
“Ons nooi al ons leerders om dadelik lid te word en te kom deel in die pret wat ons vir dié jaar beplan,” sê die redakeur, Nina van Heerden.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
