Local newsNewsNews

Nou moet die knie net geoefen word

'n Plaaslike man se pad na herstel lyk goed ná sy knievervanging.

Die linkerknievervanging was ‘n sukses, nou moet hy net geoefen word ter voorbereiding vir die regterbeen se prostese.

Gert Hawkins (63) het op 11 April uiteindelik dié operasie ondergaan te danke aan lede van die gemeenskap wat saamgespan het om dit moontlik te maak.  Hy is op 14 April uit Busamed Laeveld Privaat Hospitaal ontslaan en sterk tans by die huis aan.

Die staanposisie is baie meer as wat Gert Hawkins voor 11 April kon regkry.

LEES OOK: Man se knievervanging vir eers uitgestel

Dié operasie was nodig ná sy regterbeen ongeveer 10 jaar gelede bokant die knie geamputeer is, ná ‘n onsuksesvolle knievervanging. Voor die linkerbeen se operasie kon hy dié nie heeltemal reguit maak nie. Hy was weens hierdie gebreke aan ‘n rolstoel gebonde.

Hy is hard aan die oefen om nou sy linkerbeen só te kry dat hy sal kan loop sodra hy sy prostese kry. Die knie kan reeds só buig dat hy amper op die been kan staan.

LEES OOK: Liefdadigheid tree in vir man se knievervanging

Hy sien sy dokter en fisioterapeut weer op 3 Mei en wil so gereed as moontlik wees wanneer dit gebeur.  Hawkins sê op die oomblik sukkel hy maar om kop bo water te hou, maar hoop om dalk ‘n werksgeleentheid te kry sodra hy meer mobiel is. Hy sê hy kyk op alle platforms vir werk.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button