Wenakker-inwoners bederf by ontspanningsoord
Dit is die tweede jaar dat Johan en Elize Klaasen die inwoners en personeel uitgenooi het.
Die inwoners van die Wenakker Nasorgsentrum is by die Verraaiersnek Ontspanningsoord onthaal. Dit is die tweede jaar dat Johan en Elize Klaasen die inwoners en personeel uitgenooi het om hulle daar te bederf. Verlede jaar het die weer saamgespeel en kon die inwoners perdry en swem. Vanjaar was dit egter hopeloos te koud daarvoor.
Hulle het egter die plaas se verskeie staproetes verken en ’n paar speletjies op die terrein gespeel. Daarna het hulle aan ’n smaaklike middagete gesmul. Die Klaasens bedank graag die volgende borge wat die middagete moontlik gemaak het: Westvaal Mashishing, Rhino Spares, Longtom SUPERSPAR, Pick n Pay Lydenburg, Arno Oosthuizen, Jan Brits, Willem Pretorius en Johan Klingbiël.
Lees ook: Lydenburg Wyngilde ontdek goeie pasmaats vir vis- en seekosdisse


