Eerste chemobehandeling vir Verna
"Ek is nog al die pad positief," sê Verna Mulder na haar eerste behandeling hierdie week.
Ná sy op 18 April die nuus ontvang het dat sy borskanker het, het Verna Mulder op 25 April haar eerste chemobehandeling gekry.
Die Mulder-gesin het in 2017 ‘n spesiale plek in Laevelders se harte gevind; eers met die behandelings wat hul dogtertjie Mienke gekry het ná sy amper verstik het en later, in 2020, met haar afsterwe.

Verna het verlede week vertel dat sy op hierdie stadium nog heel rustig oor die hele situasie is, en hoe sy maar bloot op die Here vertrou. Hulle is al deur erger en sy is vasbeslote dat hulle hierdeur ook sal kom.
LEES OOK: Hier is Mpumalanga se semifinaliste vir Kwêla se Dorp van die Jaar
Ná die eerste sessie sê sy sy het darem nie te sleg gevoel nie. Sy het slegs ‘n migraine gehad, maar skryf dit aan spanning toe.
Verlede week was sy nog onseker oor die pad vorentoe, maar voel nou, ná die eerste behandeling, of sy beter weet van wat om te verwag.
“Ek is nog al die pad positief,” sê sy.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
