Local newsNewsNews

Op My Eish! se eerste twee episodes bied kykers behoorlike vermaak

Van spoedafsprake tot braaibroodjies maak tot een skemerkelkie te veel, episode een en twee van dié kykNET-reeks het verskeie elemente om jou vasgenael te hou.

Van 15 dames na 12, na 11, en toe weer na 13, alles in ‘n kwessie van twee episodes. Die begin van Francois Jacobs se soeke na liefde op die program Op My Eish! sorg vir meer as genoeg vermaak elke week.

Gedurende episode een het Jacobs en sy wingman, Schalk Bezuidenhout, deur inskrywingsvideo’s gewerk en daaruit 15 dames gekies. Ná hierdie proses is Jacobs saam met elkeen van hulle op gemaskerde spoedafsprake van vyf minute elk. Na aanleiding hiervan het hy 12 deelnemers gekies om na episode twee deur te gaan.

Jaco Spies en Schalk Bezuidenhout. <br />> Foto: Verskaf

LEES OOK: Eerste chemobehandeling vir Verna

Alhoewel niemand in episode twee huis toe gestuur is nie, het een van die deelnemers wel besluit om weens persoonlike redes nie verder deel van die program te wees nie.

Schalk Bezuidenhout. > Foto: Verskaf

Groot was beide Jacobs en die oorblywende 11 deelnemers se verbasing toe Bezuidenhout aankondig dat twee splinternuwe dames by hulle sou aansluit.  Daar was aanvanklik ‘n ongemaklikheid wat geheers het, maar skemerkelkies het gesorg dat dit vinnig verdwyn.

LEES OOK: Hier is Mpumalanga se semifinaliste vir Kwêla se Dorp van die Jaar

Die volgende dag het alles oor Jacobs se liefde vir braai, meer spesifiek braaibróódjies, gegaan. Die dames moes probeer om die lekkerste broodjie te maak, met die doel om na ‘n braai saam met Jacobs genooi te word – slegs ses het hierdie kans gekry.

Francois Jacobs en Schalk Bezuidenhout. > Foto: Sean Brand

In episode drie, op 28 April, kies hy weer een van dié ses om alleen mee tyd te spandeer.

Lede van die produksiespan en deelnemers. > Foto: Verskaf

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button