Local newsNewsNews

Marloth hou vlooimark oor Paastyd

Die gewilde vlooimark by die Henk van Rooyen Park was oor die Paasnaweek op April 16 deur nuuskierige besoekers ondersteun.

Die mark was oorspronklik bedoel om deur die naweek te loop, maar was net Saterdag aan die gang – Sondag se geleentheid het uitgereën.

Die markgangers het hulself terdeë geniet met musiek wat deur die park weergalm het. Altesaam 50 verskeie stalletjies wat met unieke kos en kuns gelok het, was beskikbaar op die bewolkte dag. “Vanaf Johannesburg tot in Komatipoort het stalletjiehouers hul pragtige ware gebring om uit te stal. Dit was ‘n ware fees by die mark,” het die organiseerder, Vanessa Schoeman, gesê.

LEES OOK: Hier is Mpumalanga se semifinaliste vir Kwêla se Dorp van die Jaar

Die maandelikse vlooimark het soos altyd die geleentheid wat ‘n langnaweek bied, aangegryp. Tydens die Paasnaweek is ‘n nuwe rekord van die hoeveelheid mense wat die mark besoek het, gestel. Volgens Schoeman was meeste van die stalletjies se voorraad uitverkoop voor die son gesak het.

“Ons is dankbaar vir dié wat ons stalletjiehouers kom ondersteun. Met die volgende mark net om die draai op 30 April, gaan ons weer daar wees met jou gunstelingstalletjies. Almal was gaande oor die atmosfeer en organisasie van Henk van Rooyen se vlooimark,” het Schoeman gesê.

Isaac Ngwaru en sy kreatiewe draadkuns. Foto’s: Bartlo Nel
Mandy Dauth, Vanessa Smuts en Beatrix van den Berg van Studio 11 Designs.
Willie en Annetjie Els van Wilanza Craft.
Tanya Olivier en Raymond du Preez.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Back to top button